Jongehuis is ‘n Historiese gebou wat in 1929 as seunsskool in Wellington geopen is. Deur die jare is die perseel vir verskillende gebruike aangewend tot en met 2014 toe Die Arbeidsgenot Familie Trust die perseel gekoop het en besluit het om dit te omskep in studente behuising.
Die totale perseel is ongeveer ‘n hektaar groot met verskillende verblyfsopsies binne die historiese gebou, asook nuut opgerigte gebou. Groot klem word daarop gelê om die historiese karakter van die gebou te behou, maar ook om ‘n gemaklike omgewing vir die student te skep.